Afgri-se-GroCapital-raak-van-sy-debiteureboek-ontslae
GroCapital Finansiële Dienste, ‘n volfiliaal van Afgri, het sy debiteureboek aan die Land-en Landbou-ontwikkelingsbank van Suid-Afrika die verkoop nadat die Mededingingskommissie die transaksie goedgekeur het.
Die algehele saamgestelde waarde van boere se skuld is ongeveer R 2,4 miljard en op 30 Junie 2011was die benutte gedeelte van die debiteureboek ongeveer R1,886 miljard. Sedert hierdie datum het boere meer skuld aan Afgri af betaal wat die aankoop bedrag op R1,4 miljard te staan bring – die nominale waarde van die debiteureboek. Dit is die eerste deel van die transaksie en veredere dele volg skynbaar later.
"Die verkooptransaksie stel GroCapital instaat om skuld ten opsigte van die bestaande debiteureboek onmiddellik te vereffen," sê Chris Venter, uitvoerende hoof van Afgri. "Die transaksie beteken dat Afgri finansiëel beter gerat is vir toegang tot befondsing en stel ons instaat om met die kapitaal wat deur die transaksie vrygestel word te groei."
GroCapital sal die bestuur en administrasie van die debiteureboek namens die Landbank behartig.
Die transaksie hou twee voordele vir Afgri in sê Chris Venter. “Die eerste is dat dit die skuld op die balansstaat verminder en die tweede is dat dit Afgri instaat stel om bykomende finansiering aan boere beskikbaar te stel sonder om druk op sy balansstaat te plaas."
Die pro forma finansiële impak van die transaksie op Afgri se verdienste en wesensverdienste per aandeel, asook net en netto tasbare batewaarde per aandeel vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie is weglaatbaar en kom op minder as 3% te staan.
"Die transaksie gee Afgri meer sekerheid oor die manier waarop hy die boer oor die lang termyn kan ondersteun," het mnr Venter gesê.