Categories: NewsPublished On: 6th June 2011

Afgri met R15,6-miljoen beboet

By 1 min read
Afgri het ingestem om ‘n administratiewe boete van R15,6-miljoen te betaal as deel van sy skikking met die Mededingingskommissie.
 
Die maatskappy het gesê dat die skikking met die Mededingingskommissie betrekking het op ‘n klagte deur die kommissie dat Afgri, as ‘n lid van die Graan Silo Industrie (GSI), die Wet op Mededinging oortree het deur mee te doen aan die bepaling van die SAFEX-graanbergingstariewe.
 
Blykbaar is die praktyk is ‘n geruime tyd gelede gestaak, nog voordat die kommissie met sy ondersoek begin het.
 
Afgri het gesê dat die kommissie geen fout kon vind met betrekking tot ander beweerde oortredings nie. Afgri het nie buitensporige tariewe vir die stoor van graan of verwante produkte of dienste wat ondersoek is, gevra nie.
 
Die bepalings van die skikking is onderhewig aan die Mededingingstribunaal se bevestiging.
Afgri het gesê dat hy ten volle vir die bedrag van die boete voorsiening gemaak het.
 
"Ons is tevrede met die uitslag van die skikkingsonderhandeling wat die kommissie se ondersoek voltooi het," het Afgri se hoofuitvoerende beampte, mnr Chris Venter gesê.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0