Categories: NewsPublished On: 15th November 2011

Afgri-koop-Pride-Milling-se-geelmieliemeulens

By 1 min read
Afgri het Pride Milling se  geelmielie-meulens vir R220 miljoen aangeskaf.
 
Die koop, wat deur die Mededingingstribunaal goedgekeur is, sal waarskynlik op 1 Desember 2011 deurgaan, en beloof om verdienste te verbeter op ‘n wesensverdienste per aandeel-vlak van 6,5%.
 
“Die aankoop van die geelmieliemeulens pas Afgri strategiese goed, aangesien dit ons industriële voedselverwerkingsvermoë versterk," het Chris Venter, uitvoerende hoof van Afgri gesê. 
 
"Die koop gee ons onmiddellik produksievermoë en markpenetrasie”. 
 
Pride Milling is in Ermelo, Kinross en Bethal geleë, en stem met Afgri se geografiese bedieningsgebied ooreen het mnr Venter gesê.
 
Die onderneming wat tans ‘n 55% markaandeel in die geelmieliemaalbedryf het, sal voortaan as Afgri Milling bekend staan. 
 
Die hoofuitvoerende beampte van Pride Milling, Jorrie Jordaan, is as die hoofuitvoerende beampte van Afgri Milling aangestel.
 
Die algehele produksievermoë van die meulens is byna 2 miljoen ton per jaar en stel Afgri instaat om sy nywerheidshandelsmerke uit te brei en om sy graanreserwes strategies beter te bestuur. Die koop sluit ook die Gold Power-handelsmerk in. 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0