AdCon Construction is daar vir al jou bou- en konstruksiebehoeftes
Wil jy ‘n nuwe huis bou of aanbou aan jou bestaande huis en is jy opsoek na ‘n betroubare en kundige span wat die projek sommer vinnig sal kan afhandel? AdCon Construction is die antwoord.
Of dit nou aan jou huis of enige ander bouprojek op jou plaas is, hulle sal dit kan doen.
AdCon is ‘n konstruksiebesigheid wat deur drie broers bestuur word, een is die besturende direkteur wat die algehele bestuur van die besigheid hanteer. Die tweede broer is die bourekenaar wat meer te doen het met die prys van die projekte asook die programme skryf vir die projekte en die laaste broer is in beheer van die voormanne en die boupersele.
Hulle doen alle projekte waar hulle van die begin af betrokke is, van die beplanningsfase tot die bouwerk, tot die bouprojek volledig afgehandel is.
AdCon Construstion werk volgens die kliënt se begroting en behoeftes en probeer om die bouwerk tydig af te handel om die kliënt tevrede te hou.
Die tipe konstruksiewerk wat hulle doen sluit in:
- Onderhoud werk
- Restourasie en herstelwerk
- Opgraderings
- Nuwe kommersiële en residensiële geboue
- Staalwerke – Pakhuise, staalstrukture, lamstore, krale, silos en enige staalverwante projekte
- Siviele werke – Grondverskuiwing, paaie en damme herstel en die ontwikkeling van nuwe damme
- Betonwerk
- Bouwerk
- Pleisterwerk
- Verfwerk
- Elektriese werk
- Loodgieter werk
- Skrynwerk
- Dakke
AdCon Construction werk regoor Suid-Afrika. Tans het hulle projekte vanaf die Vrystaat tot die Tuinroete.
Kontak Zander du Toit van AdCon vir meer inligting by 076-526-4474 of stuur ‘n e-pos na info@adconsa.co.za