Categories: NewsPublished On: 20th June 2011

Acanto-gee-swamme-op-gars-gas

By 4 min read
Netvlek op gars kan groot skade aan oeste veroorsaak, maar die siekte kan voorkom word deur ’n bestuursprogram met DuPont se Acanto te volg.

Nee wat, ek kyk nie eers links of regs as dit kom by swamdoder vir my gars nie – ek vra net vir Acanto van DuPont.” Aan die woord is Gideon Albertyn van Nooitgedacht Trust by Bredasdorp.

Acanto® 250 SC in kombinasie met Capitan® 250 EW, is netvlek se moses. Dit word ook gebruik vir die voorkoming van blaarvlek, bruinroes en poeieragtige skimmel op gars. 

Gideon plant so tussen 500 en 600 hektaar gars per jaar en dit maak 40% van sy totale aanplantings uit. Die ander gewasse wat hy plant is koring, hawer en kanola. Hy se gars is ’n hoerisikogewas en daarom moet ’n mens se bestuursprogram behoorlik in plek wees.

Die Acanto spuit hy voorkomend in die eerste week van Julie en as opvolg in die eerste week van Augustus. Dit laat genoeg tyd toe voor oestyd in die middel van Oktober dat daar geen residu op die plante agterbly nie. Die gebruiksaanwysings van Acanto bepaal dat daar 60 dae tussen die laaste toediening en oestyd moet verloop.

Gideon se gars word aan Suid-Afrikaanse Brouerye verkoop, wat ook streng vereistes stel met betrekking tot residue.

Gideon sê vandat hy Acanto so drie jaar gelede begin gebruik het, kan hy die verskil op sy plante en in sy sak agterkom. “Die weer is ’n baie groot faktor hier in ons omgewing en ons sukkel maar met droogte. Acanto gee die gars ’n wenkans, want as ’n mens die plant gesond hou, bly dit groen en hoe langer dit groen bly voor die natuurlike rypwordproses intree, hoe beter die opbrengs en gehalte.”

AcantoR 250 SC is in die swamdodergroepkode 11 en sy aktiewe bestanddeel is picoxystrobin (strobulirien)

Hy praat van ’n verbetering van minstens 120 kg/hektaar in die oes, tot selfs ’n halfton meer. Dit beteken dat die middel sommer gou vir homself betaal. 

’n Boer kan ook nie die gevaar van swamme ligtelik opneem nie. Gideon se: “Swamme vat jou oes weg; hy maak jou plante baie siek. Jy haal dalk ’n oes af, maar dis nie gehalte nie. Ek moes een jaar ’n hele land afstaan vir veevoer en dit gaan nie weer gebeur nie.”

Viking en DuPont se plaaslike agent, Con Neethling, vertel dat hulle verlede jaar ’n bietjie voorraadprobleme gehad het: “Ons het vir Gideon ’n paar alternatiewe aangebied, maar hy het net gese ons moet maar die vliegtuig stuur, hy is bereid om ’n week te wag!”

Tyd speel ’n groot rol in Nooitgedacht Trust se bestuursprogram, want as die gars in sy blomstadium begin siek word as gevolg van swamme, is dit eintlik te laat om iets te doen. “Jy moes hom voor daardie tyd gekeer het,” se Gideon. 

Spuitmiddels is ook nie ’n kitsoplossing nie, maar deel van ’n totale bestuursprogram wat afgestem is op bewaring. Juis as gevolg van die herhalende probleem van droogtes in die Bredasdorp-omgewing is boere soos Gideon baie gesteld op die beskerming van grondvog en daarom word bewaringsbewerking toegepas.

Stoppels en kaf word as ’n deklaag op die lande agtergelaat en spesiale toerusting vir minimumbewerking word gebruik. Gideon se dit is so dat gars oor die algemeen meer droogtebestand as byvoorbeeld koring is, veral in sy later stadia, maar die beskerming van grondvog gee vir die plante net ’n beter kans en dit beteken immers ’n beter oes.

’n Deel van die bestuursprogram is ook wisselboupraktyke met lande wat vir ’n paar jaar tussen aanplantings vir weiding en dan lusern gebruik word. Dit help sommer ook om die indringergrasprobleem te bestuur.

Interessant genoeg beveel DuPont ook in sy gebruiksaanwysings aan dat boere ’n geintegreerde swamdoderprogram gebruik wat chemiese, verbouings- en biologiese beheermaatreels insluit. Dit alles help om weerstand teen bepaalde middels te voorkom.

“Vanjaar,” se Gideon, “het ons ’n droomaanplantingseisoen gehad, want ons het net na die Paasnaweek omtrent vyftig millimeter reen gehad. Dit was ’n goeie begin en oral ontkiem die wintergewasse, maar die langtermynvoorspellings lyk nie baie belowend nie.”

Hy se: “Die natuur is nie onder ons beheer nie, dit is waarom ’n swambeheerprogram so belangrik is. Ons moet bestuur wat ons kan bestuur.”

Vir meer inligting oor die doeltreffende gebruik van die swamdoder, kontak DuPont se hoofkantoor by 011-218-8600 of Jim Mcdermott by 082-565-8897.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0