Aartappels is goeie kos
Aartappels SA en die Tshwane-mark het kragte saamgesnoer om die verbruik van aartappels te bevorder. Informele handelaars het oor die laaste paar weke die geleentheid gekry om lekker pryse los te slaan met die aankoop van sakkies aartappels.
Hulle het nie net kontantpryse gekry nie, maar ook inligting oor die voedingswaarde van aartappels, die verskillende soorte aartappels en resepte.
Gemiddeld 260 smouse het per week aan die kompetisie deelgeneem en in totaal is meer as 700 000 sakkies aartappels deur hierdie sektor verkoop. Volgens die mark was daar ‘n groei van 9% op die vorige maand.
Markagente sê daar was beslis meer beangstelling van die handelaars se kant af en baie het vir die eerste keer aartappels aangekoop om te verkoop. Hulle het ook meer belangstelling in die produk getoon en vrae begin vra oor die verskillende variëteite.
Die wenners van die aartappelwedstryd op die Tshwane-mark is VLNR: Emmah Baloyi, Dolly Mabena, Bushy Mvundlela, Gladys Matseke en N. Magaga