2de Jakaranda Ile de France spog met rekord prys vir top ram

jakaranda-ile-de-france-hageland-top-duurste-ram
Rekordbreker ram vir Ile de France-ras in Suid-Afrika. Hier is Flip de Bruyn Mark Gietzman, PW van Heerden en Corné du Plessis by die stoetram.
Jakaranda Ile de France se tweede veiling was ‘n groot sukses. Gedurende die veiling was ‘n rekordprys vir ‘n Ile de France stoetram behaal. Die duurste ram, lot 73 het vir ‘n allemintige R 120 000 verkoop aan Vaugnan Okkers van Solstice Stud Farm.
Die top ram was verkoop deur Hageland Ile de France wat die veiling aangebied het in samewerking met Jancor. Die veiling het plaas gevind op Saterdag, 20 Augustus 2022, by Fire & Wine Arena in Pretoria.

Die tweede duurste ram, lot 74, is verkoop vir R 90 000 aan Nicolai Raubenheimer van J2 Stud Farming.
Een van die duurste ooie, lot 3 verkoop aan Phillip van der Walt vir R 20 000, en die ander een, lot 46 aan Arrie Klopper van Dorsland Vleis en Stoet, ook vir R 20 000. Beide ooie is uit Hageland Ile de France se kudde.

20 stoet ramme, 65 stoet ooie en 87 kommersiële ooie was op aanbieding.
Gemiddelde prys behaal vir stoet ramme was R 25 750, en R 7 700 vir stoet ooie. Die gemiddeld vir ooie met lammers was R6 125, en stoet ooie met lammers was R 12 666, 67.

“Ons is tevrede met die veilings resultate,” vertel Mark Gietzmann, eienaar van Hageland Ile de France stoet. “Daar was konstante pryse vir konstante kwaliteit.”
Corné du Plessis van CdP Auctioneers was die afslaer.
Volgende jaar sal die derde Jakaranda Ile de France veiling plaasvind op 19 Augustus 2023.
Vir meer inligting, vind hulle op Facebook onder die profiel Hageland Ile de France Pty Ltd.