Rumax bied puik produkte teen sakpaspryse
Elke boer wat bekke moet voer wil graag die beste vir sy diere bedien. Baie wildboere, skaapboere of boere wat nie reuse kuddes beeste het nie, wil ook graag self hulle voerrantsoene maklik en behoorlik meng sonder om ’n plaas se prys vir die toerusting te betaal.
Jaco Pieters van Rumax op Worcester luister graag na boere se behoeftes en daarom het hy spesiaal die Rumax 7-menger by NAMPO bekendgestel teen die spesiale prys van R165 000, sonder BTW.
Die Rumax 7 is ’n volwaardige kerwer-menger van die hoogste gehalte, net soos al Rumax se ander produkte. “Die verskil is net dat hy nie met ’n ratkas werk nie, maar met kettingaandrywing, wat dit goedkoper maak om te vervaardig,” sê Jaco.
Die menger kan steeds groot rondebale hanteer en het geen probleem om met sy twee horisontale kerwers tot vyftien klein bale op ’n slag eweredig te kerf en te meng nie.
Vir enige navrae oor Rumax se produkte, skakel Jaco by 082-335-3970, stuur ’n e-pos na jaco@rumax.co.za of besoek www.rumax.co.za om na hulle produkte en pryse te kyk.
Hooffoto: Jaco Pieters sê die Rumax 7 is spesiaal ontwikkel om ’n sakpasmenger te wees, maar met al die bestaande Rumax-tegnologie soos elektroniese weeggerief en ’n wye, stewige uitlaaiband – en met Rumax se uitmuntende naverkoopdiens wat sorg dat jou diere nooit sonder voer hoef te bly nie.