Nou nóg beter! Kanna se wolpers bespaar tyd, arbeid en geld

kanna maart
Hier is die perfekte wolpers, het boere gedink toe hulle Kanna Industries se ratse, flukse pers in aksie sien. Min het hulle geweet dat Willa Nolte sy gedugte wolpers nog verder sou verbeter om wolboere nóg beter te dien.
Waar die Kanna-wolpers aanvanklik elektries-hidroulies gewerk het sodat die operateur al sy stappe met die druk van sy pinkie teen ’n hefboompie kon beheer, is selfs dié bietjie moeite nou uitgeskakel: Die Kanna-pers werk nou ten volle outomaties – jy druk net ’n knoppie en hy gaan vanself deur al sy stappe. Een van die groot voordele daarvan is dat hy elke keer self onthou die eerste stap moet wees om die penne wat die wol in posisie hou terwyl die sak toegemaak word, terug te trek sodat hulle nie per ongeluk saam met die wol kromgedruk word nie.
Die stelsel kan enige tyd na handbeheer teruggeskakel word en daar is ook ’n noodknop wat die hele proses stop as daar dalk iets verkeerd sou loop.
Maar dit is nie die einde van die goeie nuus nie: Die vorige elektries-hidrouliese model kan teen ’n geringe koste woerts-warts na ten volle outomaties oorgeskakel word sodat die boer nie ’n hele nuwe pers hoef te koop om die voordeel te geniet nie.
Die Kanna-wolpers bespaar vir die boer arbeid en tyd omdat een operateur vingeralleen vier tot ses bale van tot 220 kg elk per uur kan verpak. Hierdie swaarder, kompakter bale bespaar vir die boer geld, want hy het nou minder baalsakke nodig om sy hele skeersel te verpak, minder bale waarvoor hy hanteringskoste hoef te betaal, maar meer tonne wol wat hy op ’n vragmotor of in ’n vraghouer kan pak.
Ons praat nie hier van kleingeld nie – met die Kanna-wolpers kan die boer 23 tot 25% van sy koste bespaar!
Een van die Kanna-wolpers se talle ander voordele waaroor boere baie bly is, is dat die pers op wiele staan en moeiteloos aangerol kan word na waar jy ook al met hom wil werk. Dit is baie minder moeite as om die wol na die pers aan te karwei.
Sien die Kanna-wolpers in aksie by: https://youtu.be/O7XSN-rZnso
Vir meer inligting, praat met Willa Nolte by 072-333-1051 of e-pos willa@kannaindustries.co.za. Besoek ook www.kannindustries om Kanna se hele, voortreflike produkreeks te sien.