Categories: NewsPublished On: 11th February 2013

Mengers-vir-Afrika

By 2 min read

“Ek het lank gesoek en na baie mengers gekyk voordat ek Rumax gekies het,” sê Johan Coetzee van NJE Boerdery naby Randfontein. “Die menger speel ’n sleutelrol in die boerdery, daarom is net die betroubaarste, deeglikste menger, gerugsteun deur die beste diens, goed genoeg. Dit is Rumax.”

“Ek was op soek na iets wat elke dag drie tot vyf ton materiaal kan stukkend sny en meng sonder sukkel,” sê Nick Rousseau, van Delnick boerdery naby Ottosdal.

Louma-boerdery, naby Thabazimbi het ’n paar jaar gelede begin om te meganiseer en hy sê: “Die prys van die Rumax-mengers was ’n groot aantrekkingskrag, want ingevoerde masjiene met dieselfde kapasiteit kos amper dubbeld so veel en die een keer wat hier ’n probleem was, was Jaco soos blits van die Kaap af hier om die fout te herstel.”

Só gesels boere wat elke dag hulle Rumax-toerusting gebruik sodat hulle vee en selfs wild die regte rantsoen op die regte tyd kan kry.

Jaco Pieters van Rumax sê hulle het in 1999 hulle eerste hamermeule gebou, in 2000 het die eerste menger gevolg en nou 13 jaar later is daar ’n hele reeks produkte wat ontwikkel is, insluitende konsentraatmengers, volvoermengers, pilmasjiene en –aanlegte en misstrooiers.

By Rumax se fabriek op Worcester word daar net van die beste tegnologie gebruik gemaak in die vervaardigingsproses. Die produkreeks word aangepas en uitgebrei hoofsaaklik op aandrang van boere wat geleer het dat hulle kan staatmaak op die helderblou toerusting.

Een van die groot voordele wat deur boere uitgewys word is dat Rumax se kerwers rataandrywing in plaas van kettings of bande gebruik, wat beteken dat daar baie minder slytasie is, en daar word minder aandrywingskrag benodig.

Hulle praat ook met groot lof oor die mengers wat werklik meng en nie net goed rondskuif nie. Die spirale wat na die middel toe wys sorg vir twee sirkelaksies na mekaar toe wat beteken dat daar geen dooie punte is nie. Nog ’n groot voordeel is dat die mengers met ’n magneetstelsel toegerus is wat verseker dat daar geen draad of klein metaaldeeltjies in die voer beland nie.

Maar miskien is die belangrikste voordeel van enige Rumax-toerusting dat dit hou. Soos Nick Rousseau sê: “’n Rumax word van behoorlike dik staal gemaak; dit is uit Afrika, vir Afrika.”

Skakel Jaco Pieters by 023-342-6070 of stuur ’n e-pos na jaco@rumax.co.za.


By Rumax se fabriek op Worcester word daar van die beste tegnologie gebruik gemaak in die vervaardigingsproses van die groeiende produkreeks.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0