Categories: Meganisasie, TrekkersPublished On: 17th December 2015

John Deere en Agrico werk eendragtig saam in die Suide

By 2 min read
416 words

JD

Meganisasie is besig om ’n belangrike spil te word waarom Suid-Afrikaanse boere se lewe draai namate arbeid ’n al hoe moeiliker en riskanter hulpbron word.

Dit is veral die boere in die Wes-Kaap met hulle arbeidsintensiewe behoeftes wat ernstig begin omswaai, maar dit is ook die neiging met enige toerusting wat die boer se plaaswerk eenvoudiger en makliker maak.

Een onderneming wat hierdie proses deeglik verstaan, is Agrico. Volgens Alfred Andrag, bemarkingsdirekteur van Agrico, word daar tans in Europa ’n materiaalhanteringswerktuig vir elke trekker verkoop. In Suid-Afrika is die verhouding een tot 200 trekkers! “Dit is hoekom Agrico die potensiaal sien om in hierdie tipe toerusting te belê,” sê Alfred.

Behalwe die spilpunte en werktuie wat hulle self bou, verkoop Agrico ’’n wye verskeidenheid werktuighandelsmerke in hulle 28 takke landswyd. Die een handelsmerk waarvan hulle die meeste eenhede verkoop, is John Deere.

Bekwame_manne

Die bekwame manne aan die stuur van Agrico is Alfred Andrag, bemarkingsdirekteur; Rossouw Visser, bemarkingsbestuurder meganisasie; Abrie Visser, handelaarshoof; en Walter Andrag, besturende direkteur. Agter hulle staan ’n paar van die groot verskeidenheid produkte wat hulle in ’n japtrap vir die boer kan lewer.

In 1937 het Agrico die John Deereagentskap gekry en vandag bedien hulle die boere van die Noordkaap, Wes-Kaap en ’n gedeelte van die Oos-Kaap in al hulle John Deere-behoeftes, van grassnyers tot stropers en Farmsight, die boer se alsiende oog op sy plaas. John Deere Finansiering help boere om al hierdie skittertegnologie maklik in die hande te kry.

John Deere se bestuur wat spesiaal Kaap toe is vir die groot dag, is Lukas Groenewald, verkoopbestuurder; Carel Theron, bemarkingsbestuurder, Jason Brantley, besturende direkteur, en Lafras Cronjé, strategiesebemarkingsbestuurder, by die 6105M. Jason Brantley is John Deere se nuwe besturende direkteur van Sub-Sahara Afrika. Hy glo dat John Deere sinoniem met probleemoplossing is. “Wanneer ons met boere, handelaars en agentskappe praat, is daar drie punte waarop ons fokus: dienslewering, produk-glanspunte en bedryfskoste.”

Agrico het onlangs ’n vertoonboeredag by hulle aanleg in Bellville gehou waar boere na ’n versameling van hulle produkte kon kom kyk. Hulle het onder meer 32 groen-en-geel produkte voor die boere se oë verby laat ry en soos Alfred Andrag in sy verwelkoming gesê het: “Ons gaan vandag die produkte self laat praat.” ‘n Hele paar van John Deere se senior bestuurders was ook daar om met hulle eindverbruikers skouers te skuur en om uit te vind hoe hulle ons boere nog beter kan dien.

Vir meer inligting, skakel Carel Theron by 082-802-2209 of stuur vir hom ’n e-pos na TheronCarel@JohnDeere.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0